Maretha Botes is a freelance Journalist, and Photographer nearby Johannesburg.

Afrikaans Photographer and Journalist Johannesburg, Joburg, JHB

Afrikaanse Fotograwe
Home of Online Photographers in Southern AfricaDirectory of South Africa PhotographersAbout this portal for South African PhotographersGoogle Exposure for Photographers


Joburg Photographer and Journalist. Afrikaans Writer


Find a South African Photographer

If you are looking for a photographer, please click on the categories below and browse through our listed photographers on the right.

Find a Specific Photographer in South Africa

Find a Photographic Service Provider

 

MARETHA BOTES FREELANCE PHOTOGRAPHER & AFRIKAANS JOURNALIST

Dié wêreld is wonderlik
Deur Maretha Botes

Een van my gunsteling aanhalings is, No place is boring, if you've had a good night's sleep and have a pocket full of unexposed film (Robert Adams, Darkroom & Creative Camera Techniques). Nou-ja… vandag sal dit seker iets wees soos, “Geen plek is vervelig as jy ’n goeie nagrus agter die blad het, en ’n sak vol leë geheuekaarte in jou sak het nie…”
Ek is deur ’n paar mik en druk-kameras in my lewe. Die eerste kamera wat ek ooit besit het, was so plat, geel Kodak-gedoentetjie. Dié het ek vir my tiende verjaarsdag gekry. Ek het drome gehad om my ma-hulle se badkamer in ’n donkerkamer te omskep en die aller fantastiese fotokuns op te tower. (Nie nodig om te sê dat dié droom nooit waar geword het nie. My ma-hulle kon nie juis die badkamer aan my fantasieë afstaan nie).
Hierna het ek ’n Pentax (mik en druk) gehad. My foto’s was van dié gehalte dat jy ’n vergrootglas nodig gehad het om te kon sien wie die mense is wat ek afgeneem het, terwyl die omgewing alles oorheersend was. Ek het egter geglo ek gaan ’n wêreldberoemde fotograaf word. As daar ’n geleentheid was, was ek daar met my kamera.
Toe op ’n dag loop ek as student by ’n pantjieswinkel in. Ek het daar uitgestap met ’n Pentax K1000 – die wonderlikste speelding wat ek nog ooit vir myself kon aanskaf (net soos my proffie op universiteit s’n, het ek gesmile). Met dié kamera het ek werklik begin leer en dink oor fotografie. Ek het die ontelbare moontlikhede om my begin raaksien en nodeloos om te sê was ek gedwing om te dink oor lig, sluiterspoed, lense, komposisie. Dit was in die dae toe digitale fotografie nog heeltemal ’n nuutjie in Suid-Afrika was (1998), en slegs ’n paar ‘gewone’ mense met dié opspraakwekkende tegnologie begin speel het.
Ek was een van dié wat myself belowe het ek sal nooit iets anders as ’n filmkamera gebruik nie. Ek het geglo digitale kameras maak die fotograaf lui en dat dit ‘net te maklik’ is om ‘slegte’ foto’s te redigeer met programme soos Photoshop… min het ek geweet dat ’n mens nie werklik ’n swak foto só kan verander dat dit ’n uitstekende foto word nie!
Vandag prop ek ’n Canon 350D in my sak as ek iewers heen gaan. (Moet dit nie sê nie – ek wéét daar’s groter en beter boeties op die mark, maar ek voel gemaklik met dié outjie). Met sy 18 tot 200 mm lens kan ek gemaklik byna meeste van my foto’s neem, veral wanneer ek sommer net “speel”. En dis met hierdie spelery wat ek die beste foto’s neem.
Ek ag myself beslis nie ’n professionele fotograaf nie. Nee, maar dis ’n passie en daar gaan byna nie ’n dag verby wat ek nie foto’s geneem het nie. Die geleenthede vir foto’s is legio. Al ooit daardie gevoel gehad wanneer jy iewers is, die ‘perfekte foto’ sien, maar nie ’n kamera byderhand het nie?
En ek dink ek weet presies wat Robert Adams bedoel het. Die wêreld is ’n ongelooflike plek. Dit maak nie saak wáár jy is nie. Kyk net bietjie deur jou kamera se lens en jy sal dit alles en nog meer, raaksien!

E-POS

Vryskutjoernalis / Freelance journalist
Language practitioner
Media Skakel / Media Liaison
Member of the Southern African Freelancers Association
Mobile 083 401 7492
Skype maretha.botes


South African Photographer and WriterAfrikaanse FotograafVryskut fotograafJohanesburg fotograaf en Skrywer